‘Ondersese kabel-breuk nie deur mense veroorsaak’
Die Wes-Afrikaanse datasentrum en konneksieverskaffer MainOne sê dat ‘n internetonderbreking wat Wes- en Sentraal-Afrika vroeër hierdie week getref het, veroorsaak is deur ‘n breuk in sy ondersese kabelstelsel.
MainOne, wat deur die datasentrumoperateur Equinix besit word, sê dat ‘n “eksterne voorval” gelei het tot ‘n sny aan sy kabelstelsel naby die Ivoorkus. Menslike aktiwiteit soos visvang of boor is as oorsaak uitgesluit en seismiese aktiwiteit word tan oondersoek.
Die onderbreking het Wes- en Sentraal-Afrika ontwrig.