Onderhandelings oor Oekraïne se EU-insluiting skop af

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het die aanvang van toetredingsgesprekke met die EU volgende week verwelkom. Dis ‘n stap wat amptelik die begin van sy land se pad tot aansluiting sal aandui. Die aankondiging volg diep in die derde jaar van Rusland se inval, wat dikwels deur Oekraïne uitgebeeld word as ‘n tasbare stryd om deel te wees van die Weste en Europa. Ministers van die Europese Unie sal Dinsdag eers met Oekraïne en dan met Moldawië in Luxemburg begin onderhandel.