Onderbrekings in medikasie vertraag kanker-behandeling
Dokters by die Sentraal-hospitaal in die hoofstad sê die behandeling van veral kankerpasiënte word bemoeilik met onbetroubare verskaffing van medisyne. Die onderbreking van medikasie veroorsaak dat die kanker vererger of eenvoudig nie op behandeling reageer nie. Die dokters het die aanmerkings gemaak tydens die besoek van die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, familiesake en maatskaplike ontwikkeling. Die verkryging van medikasie is uiters stadig in die gesondheidsministerie en van die dokters sê hulle leen medikasie by privaat apteke. Daar is ook ‘n tekort van linne en beddens, soos die week berig is met pasiënte wat in die gange op die vloer behandeling ontvang.