Onde-18 Bokspan sien tien veranderings

SA-onder-18-afrigter James Winstanley het tien verskuiwings aangebring aan die span wat Ierland geklop het, vir vandag se Internasionale Reekskragmeting teen Engeland by die Hoër Jongenskool Paarl. Winstanley sê die veranderings is met opset gemaak sodat almal in die groep ‘n kans kry. Net twee agterspelers is behou – Akha Boqwana as heelagter en Khutadzo Rashivhaga op regtervleuel. Voor kry kaptein Sethu Mnebelele ‘n tweede beginkans, terwyl Riley Norton ook weer opdraf as slot, en Reuben Kruger as nommer agt.