Ondangwa-dorpsraad skryf N$26,5 miljoen se renteskuld af
Altesaam 1 062 rekeninghouers het sedert Oktober verlede jaar by die Ondangwa-dorpsraad se skuldaansporingsprogram baat gevind. Die raad het 26,5 miljoen Namibiese dollar se rente afgeskryf sedert die begin van die program in Oktober verlede jaar, sê die Ondangwa dorpsraad se woordvoerder, Petrina Shitalangaho-Mutikisha. Die program eindig volgende maand. Inwoners se uitstaande skuld staan tans op 64 miljoen dollar.