Onbillike praktyke in visvangbedryf ontbloot

Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n tweede ondersoek begin teen verskeie vismaatskappye wat maasbanker vang. Die maatskappye, wat vaartuie besit, het na bewering onbillike kooppryse opgelê in die bedinging van kwotagebruiksfooie met visregtehouers sonder vaartuie. Die maatskappye is ‘n tydperk van 30 dae gegee om vertoë in te dien, soos voorsien in Artikel 33 van die Mededingingswet. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder, gesels wat meer insig deel.