Onbetaalde lenings oorheers mosiehof

Regters Orben Sibeya en Shafimana Ueitele het 83 aansoeke vir verstekvonnisse in vanoggend se mosiehof sessies hanteer. Daar was tien sake op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 44 aansoeke vandag gebring waaronder 16 vir eiendomslenings. Skuld van 26,5 miljoen Namibiese dollar is opgeëis. Daar was ook 28 uitstaande lenings met ‘n skuldlas van 7,6 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Is Maandag se sessie sal regter Kobus Miller 41 onverdedigde egskeidings hanteer.