Onafhanklikheids-vieringe syfers kwel

Die Tender Bulletin berig dat dit nie enige tenders gesien het spesifiek vir kos-voorsiening vir die onafhanklikheidsvieringe in Katima Mulilo nie. Plaaslike media berig tien buffels, drie koedoes, twee blou wildebeeste, twee seekoeie, een olifant en verskeie impalas is geskenk vir middagete vir sowat 10 000 mense  Volgens die Bulletin was daar ook geen syfers vir tente, eetgerei, versierings of vermaak nie.  Die kortlys is bekend en indien die billikste tien tenders gekies is sou dit om en by 600-000 Namibiese dollar vir slegs arbeid gekos het.