‘On The Money’ bring waarde vir werkers, organisasies

Old Mutual gaan deur sy “On The Money”-program voort om omvattende en gratis finansiële onderrig aan werkgewersgroepe regoor die land te bied. Hierdie inisiatief rus nie net Namibiërs toe met die nodige kennis en vaardighede om hul finansies doeltreffend te bestuur nie, maar bied ook toegevoegde waarde aan beide werknemers en organisasies. Die doelwitte van die program sluit in om mense te help om ou gewoontes wat finansiële stabiliteit belemmer te verbreek, en waardevolle nuwes te vestig. Mignon du Preez, uitvoerende hoof van Groepbemarking, Openbare Sake en Volhoubaarheid by Old Mutual Namibië, deel die belangrikheid van die program.