Omuthiya Othithiya-fees skop af

Die Omuthiya Othithiya-fees en loopbaanskou word amptelik deur die inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, namens adjunk-president Nangolo Mbumba geopen. Die geleentheid word deur die Omuthiya-dorpsraad en Latangi Investment gereël en eindig Sondag. Die fees het 125 uitstallers met onder meer klein en medium ondernemings, korporatiewe maatskappye en opvoedkundige instellings. Die geleentheid is daarop gemik om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee en Omuthiya te bevorder.