Omusati-wanvoeding dalk Angolese – goewerneur

Omusati goewerneur Erginus Endjala sê van die gevalle van wanvoeding wat in die streek aangeteken is, kan Angolese burgers wees wat dikwels behandeling by hospitale naby die grens soek. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag onthul dat die streek sedert die begin van vanjaar 66 gevalle van wanvoeding aangeteken het. Endjala sê die streek het ‘n paar nomadiese mense wat erg deur die 2019-droogte geraak is en wanvoeding is ‘n ernstige probleem. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gepraat.