Omusati-streek kry kliniek van N$11 miljoen

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, het vandag die Iipanda Ya Amiti Primêre Gesondheidsorg-kliniek in die Etayi-kiesafdeling in die Omusati-streek amptelik geopen. Die projek is uitgevoer teen ‘n totale koste van sowat 11,45 miljoen Namibiese dollar. Die konstruksie van die kliniek is deur die ministerie befonds. Dr. Shangula sê vir baie jare kon baie Namibiërs in landelike gebiede nie toegang kry tot dienste wat by intensiewesorg-eenhede aangebied word nie, omdat sulke dienste eenvoudig nie by distrikshospitale beskikbaar was nie. Gevolglik is baie pasiënte gedwing om lang afstande te reis om toegang tot hierdie dienste te verkry.