Omusati-streek kry 42 trekkers, toerusting

Die landbou-ministerie het as deel van sy Namibië Landbou Meganisasie en Saadverbeteringsprojek, oftewel Namsip, 42 trekkers met bypassende toerusting aan die Omusati-streek oorhandig. Die seremonie het plaasgevind by die amptelike bekendstelling van die Tulongeni-projek. Die streek het ook 26 looptrekkers ontvang, asook landbou-toerusting wat onder meer handaangedrewe steeksaadboorders en onkruidverwyderaars insluit. Agtien van die 152 plaasmasjinerie-operateurs wat onlangs hul opleiding voltooi het is vir die streek gewerf, het die ministerie se landbou-voorligtingsadviseur, Leevi Nekwaya, in ‘n toespraak gesê.