Omusati polisie op soek na vermeende verkragter van meisie, 6

Die Omusati polisie het ‘n soektog geloods vir ‘n 38-jarige verdagte wat daarvan verdink word dat hy ‘n ses-jarige dogtertjie verkrag het. Volgens die polisie se ondersoek, is die verdagte die kêrel van die slagoffer se 60-jarige ouma. Hy het saam met haar gebly en het na bewering die kind verskeie male aangerand. Die ouma en die verdagte is reeds 11 jaar in ‘n verhouding. Volgens die streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het die ma van die kind die klag by die polisie gemaak.