Omusati pa vas vir verkragting van sy dogter, 14

Die Omusati-polisie sê ‘n pa van die Uukuvu-nedersetting in die Okahao-kiesafdeling is aangekla van die verkragting van sy 14-jarige dogter. Die mag het nie enige besonderhede oor die voorval deurgegee nie maar sê net dat hy sy dogter in haar kamer aangerand het terwyl sy geslaap het.