Omusati-man wat blykbaar sy meisie se kleinkind verkrag, vasgetrek

Die Omusati-polisie het daarin geslaag om ‘n 38-jarige verdagte aan te keer nadat hy vroeër die week gevlug het na klagte van verkragting teen hom gemaak is. Die man word daarvan verdink dat hy ‘n ses-jarige dogtertjie, die kleinkind van sy 60-jarige vriendin, verskeie male verkrag het by die Oitende nedersetting naby Outapi. Volgens die streeksbeveldvoerder, kommissaris Ismael Basson, het die ma van die kind, wat by haar ouma gebly het, die klag by die polisie gemaak. Die verdagte en die kind se ouma is blykbaar reeds 11 jaar in ‘n verhouding. Die man sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Outapi verskyn.