Omusati hanteer 200 verkragtings in 17 maande

Verkragting in Namibië is ‘n algemene misdaad en kom weekliks voor in hoë getalle. Plaaslike berigte lui dat Omusati bevestig het die streek het 200 gevalle van verkragting in 17 maande aangeteken het. Die streek se bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson sê diegene, wat met die versorging van kinders toevertrou word, soos vaders, pastore, oupas en meer, word by die misdade geïmpliseer. Basson voeg by dat niemand veilig is nie – nie vroue of jong meisies nie en ook die klein kinders nie en dit sluit seuns in. Hy sê die aanmelding van die misdaad het verbeter.