Omusati begin droogtehulp-huishoudings registreer

Droogtehulp is in die nuus met die eerste minister Saara Kuugongelwa Amdahila se kantoor wat die opname oor die stand van sake voltooi het en bepaal het dat sowat 900 miljoen Namibiese dollar nodig is maar, net 200 miljoen dollar is beskikbaar. Een van die streke wat geraak word is Omusati en volgens die goewerneur, Erginus Endjala, is talle inwoners wat voedselseker was nou in gedrang en huishoudings word geregistreer.