Omstrede aktivis vier keer in nege maande gearresteer
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo se regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo sê sy kliënt is vier keer binne ‘n tydperk van nege maande deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem en aangehou. Amoomo sê sy kliënt staan teen uitbuiting van alle Namibiërs en dit is duidelik dat hierdie arrestasies oor en oor uitgevoer sal word. Amushelelo is Woensdag tydens ‘n onwettige betoging van skoonmakers van Stad Windhoek in hegtenis geneem. Hy het Vrydag in die Windhoekse landdroshof op verskeie aanklagte verskyn en bly in aanhouding. Amushelelo sal Woensdag weer amptelik vir borgtog aansoek doen. Sy saak is tot 13 April uitgestel.