Omskakelings-projek vir kragmeters skop in Kleine Kuppe af

Stad Windhoek herinner alle inwoners wat voorafbetaalde elektriese meters het aan die Token Identifier Rollover-projek. Die omskakeling sal tot 24 November 2024 plaasvind. Daarna sal inwoners wat nie aan die omskakelingsproses deelgeneem het, nie elektrisiteit kan koop nie. Stad Windhoek se woordvoerder Celie Kapolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus beamptes het in die Klein Kuppe-woonbuurt met die proses begin wat tot 16 Junie sal voortduur.

Sy sê die beamptes sal deur huis-eienaars geïdentifiseer kan word.