Ompad na Hosea Kutako-lughawe ingestel
Die Paaie-owerheid sê daar is ‘n tydelike afwyking van verkeer na ‘n tydelike toegangspad op ‘n gedeelte van die B6 na die internasionale lughawe. Die bestaande ingang na die lughawe is gesluit. Padtekens is aangebring om motoriste deur die tydelike roetes te lei. Die owerheid sê reisigers word aangeraai om ‘n ekstra vyf minute toe te laat wanneer hulle hul reis na die lughawe beplan.