Omgewingsministerie wil 40 krokodille op veiling verkoop

Die Namibiese omgewingsministerie het bekend gemaak dat 40 krokodille vir ‘n openbare veiling beskikbaar gestel word. Krokodille is een van die grootste oorsaak vir mens-dier-konflik in die noordoostelike riviere van die Okavango en Zambezi. Sedert 2019 het die ministerie 2,3 miljoen Namibiese dollar aan vergoeding betaal weens aanvalle deur krokodille. Dit sluit 1,6 miljoen dollar vir menslike lewensverliese in, asook 15 gevalle van beserings aan mense en 575 000 dollar vir 195 veeverliese. Die krokodille sal deur ‘n tenderproses verkoop word wat op 17 Julie sluit.