Omgewingsministerie steun opkomende boere met wildteel-leningskema
Die omgewingsministerie nooi opkomende boere van privaat en hervestigingsplase uit om aansoek te doen vir die wildteel-leningskema. Dit behels voorheen benadeelde gemeenskappe wat daarin belangstel om eerder wildlewe vir hul grondbestuur te gebruik, maar nie oor die nodige fondse beskik om wildkuddes op te bou nie. Die ministerie bied die leningskema vir boere aan om twee wildspesies, die Hartmann’s en Burchell’s sebras te koop. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 22 September.