Omgewingsministerie reageer op klagte oor Duin 7

Duin 7 naby Walvisbaai is deur die omgewingsministerie opgeknap en in die feesseisoen vir die publiek oopgestel. ‘n Besoeker aan Duin 7 het op sosiale gekla oor ‘n fooi wat gevra is vir die gebruik van die ablusiegeriewe. Die besoeker meen dis onregverdig nadat hy reeds ‘n ingangsfooi van 500 Namibiese dollar betaal het om die perseel te betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gevra om die situasie te verduidelik…