Omgewingsministerie kry N$73,5 miljoen vir drie toerismekonsessies oor 12 jaar

Die omgewingsministerie het drie toerisme-konsessies in die Namib Naukluft Nasionale Park ter waarde van meer as 73,5 miljoen Namibiese dollar oor twaalf jaar toegeken. Drie toer-operateurs sal die ministerie vir hul toerisme-konsessies op aangewese roetes oor twaalf jaar betaal, wat die ministerie 510 566 Namibiese dollar per maand sal besorg. Kenneth Kapitako van Sandwich Dune Tours & Safaris het die tender van 25,15 miljoen dollar vir die roete van Lüderitz tot Walvisbaai en Walvisbaai tot Meobbaai gekry. Vir die roete tussen Lüderitz tot Walvisbaai en Lüderitz na Saddle Hill het die gesamentlike vennootskap van Desert Magic Tours en Namdrenaline Tours die tender van 25,83 miljoen dollar gekry. Volgens die Tender Bulletin het Joan Car Hire die tender van 22,98 miljoen dollar vir die konsessie tussen Solitaire en Conceptionbaai en Walvisbaai tot Conceptionbaai gekry.