Omgewingsgroepe waarsku oor gevaar van Weskus-olie- en gasprojek

Green Connection en Natural Justice benadruk die noodsaaklikheid dat besluitnemers die langtermyn gesondheid van mariene-ekostelselsels en die welsyn van gemeenskappe wat daarvan afhanklik is, voorop moet stel. Die omgewingsorganisasies het verlede week voorleggings oor die hersiene omgewingsuitwerking-evalueringsverslag vir olie- en gas-verkenningsregte in Blok 3B/4B ingedien. Liziwe McDaid van Green Connection sê die projek aan die Weskus hou gevaar in vir die ekostelsel en kusgemeenskappe. McDaid sê die uitwerking van stortings, selfs gering, kan rampspoedig wees.