Omgewingsbetogers in die sop … na sopgooiery

Twee omgewingsbetogers is gearresteer nadat hulle sop gegooi het na die Mona Lisa, wat agter ʼn glasskerm in die Louvre in Parys is. Hulle eis gesonde en volhoubare kos vir almal. Die omgewingsgroep Riposte Alimentaire het aanspreeklikheid aanvaar. Hy sê dis die begin van ʼn veldtog van burgerlike verset met ʼn duidelike eis vir die maatskaplike sekerheid van volhoubare kos. Die Mona Lisa is sedert die vroeë 1950’s agter veiligheidsglas nadat ʼn besoeker dit met suur beskadig het.