Ombud sê oor haglike koshuise

Uitdagings met onderwys duur voort en koshuise is steeds ‘n probleem. Foto’s word weer op sosiale media gedeel oor die haglike toestand van koshuise by staatskole, veral in landelike gebiede. Die jongste foto’s wys dat leerders op karton moet slaap omdat daar nie matrasse is nie. Koshuise is uiters belangrik, veral in landelike gebiede, en die meeste is uiters vervalle. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat.