Ombud reageer op hooggeregshof se beslissing
Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het, uit ‘n menseregte oogpunt die beslissing van die hooggeregshof verwelkom. Die hof het vanoggend beslis dat die gade van ‘n Namibiese burger, wat in ‘n huwelik van dieselfde geslag is, deur die Namibiese regering erken moet word, soos met ander huwelike. Dyakugha sê dit sal interessant wees om te kyk hoe die regte uitspeel.