Ombud op pad tronk toe, daar’s klagtes

Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha besoek vanmiddag die sentrale gevangenis in die hoofstad. Volgens sy kantoor is die besoek genoodsaak as gevolg van inligting wat ontvang is van ondersoekers wat klagtes na die kantoor toe, ondersoek. Beide gevangenes en die wat verhoorafwagtend is sal besoek word. Aurelia David, woordvoerder by die kantoor van die ombudsman het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.