Ombud bevind dat Amupanda gedragskode oortree het
Plaaslike berigte lui dat die Kantoor van die Ombudsman bevind het dat Job Amupanda die gedragskode vir raadslede van plaaslike owerhede oortree het. Dit volg na hy blykbaar diskriminerende aanmerkings oor Tommy Tjaronda, ‘n Windhoek-inwoner gemaak het. Hy het Tjaronda daarvan beskuldig dat hy ‘n middelman is en dat hy sy dae by Stad Windhoek deurbring om gesprekke op te neem met die doel om die opnames te verkoop. Hy het ook gesê die Stad doen nie meer sake met middelmanne nie. Tjaronda het die klag gelê met sy eie aantygings van onetiese gedrag en ‘n konflik van belange teen Amupanda. Die ombud se kantoor het laat in Oktober sy bevindings bekend gemaak en volgens die Stad se woordvoerder, is die kwessie tans by die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni vir sy oorweging.