Omaruru se riool en water uitdagings aangespreek

Die munisipaliteit van Omaruru spreek nou sy 117-jaar oue rioolstelsel aan. Die dorp van amper 40 000 inwoners gebruik steeds ‘n septiese tenk stelsel met twee vragmotors wat die afval daagliks moet verwyder. In die huidige finansiële jaar het die munisipaliteit ‘n groot rioolpompstasie gebou onder fase een van sy riool- en retikulasie-opgraderingsprojek. Fase twee is nou aan die gang wat pypleidings behels om die stelsel te verbind. Die raad het verder ‘n tender vir hidrologiese studies toegeken om die toename in watergebruikskapasiteit in die dorp te bepaal. Die dorp maak steeds staat op die Omaruru-rivier om ondergrondse waterbronne jaarliks aan te vul. Daar is die jaar groot uitdagings en NamWater se hoof, Abraham Nehemia het reeds in Maart aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat boorgate geboor word.