Oman-mensehandelsaak is afgehandel – ministerie

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge beskou die mensehandel saak waar ongeveer 31 Namibiërs na Oman gevat is, as afgehandel. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar drie was wat in die land wou gebly het om studies in Europa verder te vat en die ander, is gerepatrieer.