Omaheke bereik 50% van sy inentingsteiken, tot op hede

Die Omaheke-streek het tydens die derde vlaag die grootste uitdagings met Covid gehad en die streek se sterftesyfer was ook drie keer hoër as die nasionale gemiddelde. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het ook vroeër gesê dat inwoners van die streek baie huiwerig is om ingeënt te word. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur, Pijoo Nganate gepraat en hy sê hulle is halfpad na hulle Maart-teiken toe.