Omagh-bomaanval sal formeel ondersoek word

Die Britse regering gaan ‘n onafhanklike ondersoek van stapel stuur na die dodelike Omagh-bomaanval op 15 Augustus 1998. Nege-en-twintig mense is dood en honderde beseer toe ‘n bom in die dorpie Omagh in die Tyrone-graafskap in Noord-Ierland ontplof het. ‘n Regter in die Hooggeregshof het in 2021 aanbeveel die regering moet ‘n menseregteklag ondersoek in verband met vermeende sekuriteits-gebreke in aanloop tot die aanval. Die Britse minister van Noord-Ierland, Chris Heaton-Harris, sê hy hoop die doelgerigte aard van die ondersoek sal antwoorde lewer: