OM Seed-wenners wys uitmuntende entrepreneurskap

Die wenners van die 2024 Old Mutual Volhoubare, Ekonomiese en Bemagtigingsaandrywing, of OM Seed, inisiatief is aangekondig. Hierdie jaar is die talente van individue van Katima Mulilo uitgelig. In samewerking met die Financial Literacy Initiative en Basecamp Business Incubators, is die Old Mutual Namibia Stigting verheug om die suksesvolle wenners van die 2024 OM Seed Zambezi-streek aan te kondig. Mignon du Preez, Old Mutual Namibië se uitvoerende hoof van groepbemarking, openbare aangeleenthede en volhoubaarheid, gee ‘n opdatering oor die wenners en hul pryse.