Olimpiese ringe op Eiffeltoring aangebring

Minder as 50 dae bly oor voor die Olimpiese Spele in Parys en die ringe is op die Eiffeltoring aangebring. Werkers het die voorafvervaardigde staalringe aanmekaar gesit en Donderdag na donker die logo van 30-ton en 29-meter lank geïnstalleer. Pierre Engel, ‘n ingenieur by ArcelorMittal, die staalmaatskappy wat die ringe uit herwinbare materiaal vervaardig het, sê toetse en studies is maande lank gedoen om die sukses van die operasie te verseker. Die ringe is elk nege-meter in deursnee en sal saans verlig word.