Olifantvleis vir die droogte is goed, maar waar is spesie se bestuursplan?

Reaksie word ontvang op die nuus dat die omgewingsministerie 15 olifante in die noordwestelike dele van die land sal skiet vir voedselhulp. Beide manlike en vroulike olifante sal geteiken word, met een wat as ‘n trofee-dier aangewys sal word. Oudpresident van die NLU en Kamanjab-boer Piet Gouws sê dit is goeie nuus maar, ‘n bestuursplan ontbreek steeds.