Olifantjag was wettig, beroep om Van der Walt-familie te respekteer
Die omgewingsministerie het twee afsonderlike noodlottige aanvalle deur olifante aangemeld, beide op 17 Junie . Die eerste is die dood van die professionele jagter Gert van der Walt van Swakopmund, wat op ‘n probleemdierbeheer-jag deur ‘n olifant getrap is. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat ‘n beroep op die publiek doen om nie onsensitiewe aanmerkings oor die aangeleentheid te maak nie.
Die tweede voorval het in die Zambezi-streek plaasgevind. ‘n Personeellid wat by die Ngoma-bosnavorsingstasie gewerk het, die 45-jarige Albert Kawayile, is op pad werk toe deur ‘n olifant aangeval.