Olifante saai amok in Oshikoto

Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat ‘n groep van sewe olifante amok gesaai het in die omgewing van Edhilankono in die Oshikoto-streek. Die olifante het die afgelope week gewasse en heinings in die omgewing vernietig. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda sê natuurbewaringsbeamptes in die gebied monitor die situasie met die olifante. Volgens hom is die olifante glo reeds op pad terug na die Kavango-Wes-streek waar hulle vandaan kom.