Olifant trap man dood naby Ruacana
Die omgewingsministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê ‘n Angolese burger is Woensdagaand in die Ruacana kiesafdeling noodlottig deur ‘n trop olifante aangeval. Die voorval het in die uukolonkadhi-bewaringsgebied plaasgevind. Die slagoffer en ander lede van die gemeenskap het gepoog om die trop uit hulle lande te jaag. Muyunda sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur en daar word na die betrokke dier gesoek.