Oliepypleiding bedreig Ugandese ekostelsels

Meer as 15 jaar nadag olie in die Albertmeer-gebied in Uganda ontdek is, beloof ‘n pypleidingsprojek van 76 miljard Namibiese dollar om alles te verander. Die konsortium agter die projek – wat die Ugandese en Tanzaniese regerings, Frankryk se TotalEnergies SE en China se Cnooc insluit – sê die 1 443 kilometer Oos-Afrika Ru-oliepyplyn, sal duisende werksgeleenthede skep en miljarde dollar in staatsinkomste genereer. Maar, teenstanders, insluitend Ugandese aktiviste, lede van die Europese parlement en Westerse omgewingsgroepe, voer aan dat die projek – wat die boor van honderde nuwe putte in en om natuurreservate sal behels – delikate ekostelsels sal vernietig en uitlaatgasse sal verhoog in ‘n tyd wanneer die wêreld moet wegbeweeg van fossielbrandstowwe.