Oliepryse daal skerp

Oliepryse het skerp gedaal, die ergste maandelikse daling sedert Maart 2020. Pryse is onder hernieude druk nadat die die entstofvervaardiger Moderna gewaarsku het dat Covid-entstowwe waarskynlik minder doeltreffend sal wees teen die Omikron-variant. Volgens Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, is dit te vroeg om te voorspel of Namibiese brandstofpryse gaan daal of onveranderd bly.