Oliepryse daal met styging in ru-olievoorrade in VSA

Oliepryse het vanoggend gedaal ná ‘n styging in Amerikaanse ru-olievoorraad en ‘n styging in die dollar-indeks. Brent verhandel op die oomblik net bo 87 Amerikaanse dollar ‘n vat na ‘n styging van 2 persent tot net bo 90 dollar ‘n vat wat Woensdag aangeteken is. Volgens ontleders is die styging in voorrade in die VSA as gevolg van swakker vraag waarop die mark reageer. Die prys sal ook bly rondspring as gevolg van kommer oor die krisis in die Midde-Ooste wat die mark senuagtig maak.