Olieprys wipplank steeds

Oliepryse het vanoggend weer gewipplank en het tussen tien-uur en 12-uur, van net onder 116 Amerikaanse dollar ‘n vat, met amper 2 Amerikaanse dollar ‘n vat toegeneem. Die prys daal op die oomblik weer. Volgens kenners is daar effe verligting in die mark met die nuus dat ru-uitvoere vanaf Kazakstan se Kaspiese Pypleiding-konsortium weer sal hervat sowel as die feit wat die Europese Unie steeds verdeeld is oor ‘n moontlike olie-embargo op Rusland. Op die oomblik verhandel die kommoditeit net onder 118 dollar ‘n vat. Brent ru-olie het in die afgelope 90 dae met net meer as 55 persent gestyg.