Olieprys sal wel later bedaar

Dit wil voorkom asof daar geen einde is aan die voortdurende styging in oliepryse nie. Op die oomblik handel dit teen ongeveer 72 Amerikaanse dollar per vat. Volgens die Suid-Afrikaanse beleggings-ekonoom Dawie Klopper is dit te verwagte maar, sal dit met ‘n toename in produksie weer daal.