Olieprys sal afneem weens vraag in China
Globale olievraaggroei sal vanjaar en volgende jaar tot net minder as ‘n miljoen vate per dag afneem wat uitstekende nuus is vir die olieprys. Dit is volgens die jongste voorspelling van die Internasionale Energie-agentskap. Die agentskap sê daar is verskeie redes daarvoor waarvan die belangrikste die Chinese vraag is. Die land wat altyd 70 persent van olievoorraad ingvoer het, sal vanjaar en volgende jaar net 40 persent invoer. Soos die post-Covid ekonomiese herstel wêreldwyd afplat met verhoogde groen-energie en die opkoms van elektriese voertuie, sal olie se belangrikheid verder kwyn.