Olieprys neig opwaarts na aanvalle op Houthi-rebelle

Oliepryse het met meer as 2 persent gestyg na Amerika en Brittanje aanvalle teen Houthi-militêre teikens in Jemen uitgevoer het in weerwraak vir aanvalle deur die Iran-gesteunde groep op skepe in die Rooisee. Die Houthi-rebelle het intussen gesê hulle sal hul aanvalle verskerp. Vir die eerste keer in 2024 het Brent-termynkontrakte vanmiddag bo die 80 Amerikaanse dollar per vat-merk verhandel, maar het effe teruggesak na net onder 79 dollar per vat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, oor hoe die olieprys geraak sal word, en hy sê daar’s nie goeie nuus nie.