Olieprys hou sy asem op

Brent ru-oliepryse verhandel in ‘n baie noue band as gevolg van kommer oor ‘n groter as verwag Amerikaanse rentekoersverhoging. Die kommoditeit het in die afgelope week met ‘n skamele 0,77 persent rond geskuif en verhandel op die oomblik net bo 81 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die voorsitter van die Federale Reserwebank Jerome Powell het reeds gewaarsku dat rentekoersverhogings groter, en meer gereeld kan wees, omdat inflasie steeds toeneem en met werkloosheid wat toegeneem het in in die VSA in die afgelope vyf maande. Europese owerhede het dieselfde uitdagings en daarom is daar ‘n groter risiko vir ‘n globale resessie wat vraag na olie sal beperk. Die Amerikaanse arbeidsverslag word vandag verwag.