Oliemark swaai soos ‘n pendulum tussen vrede en konflik in Midde-Ooste

Olie het effens gestyg vanoggend met ontwikkelings in die Midde-Ooste wat aandui dat daar geen hoop vir ‘n skietstilstand tussen Israel en Hezbollah is nie. Olie het Dinsdag met meer as 4 persent gedaal op die nuus wat nou blyk om iets van die verlede te wees. Daar is ook steeds die risiko van ‘n Israeliese aanval op Iran se oliefasiliteite in vergelding van laas week se aanval. Analiste sê die mark beweeg soos ‘n pendulum tussen ‘skietstilstand-gesprekke’ en ‘verdere eskalasie in aanvalle’ en dit het beleggers se aandag van die werklikheid afgelei. Brent verhandel nou net bo 77 Amerikaanse dollar ‘n vat nadat dit Dinsdagaand rondom 76 dollar verhandel het.